Veldbrande saai tans verwoesting in die Vrystaat. Volgens Neville Raath, ondervoorsitter van die RPO in die Vrystaat, het groot dele van die Oos-Vrystaat reeds weiding verloor. Meer as 7 000 hektaar is reeds tussen Heilbron en Reitz afgebrand.

Die brande woed steeds voort en word aangevuur deur vanjaar se buitengewoon sterk winde. Brande by Rosendal en Tweeling rig steeds baie skade aan en strek so ver as Heilbron, Reitz, Kroonstad, en die Potchefstroom-omgewing.

Die RPO skep tans voerbanke om boere in hierdie omgewing te ondersteun. Die Vrystaatse RPO versoek dat boere met ekstra voer dit aan dié voerbanke sal skenk. Boere kan Neville by 081 020 4312 skakel indien hulle ’n skenking wil maak.

Die RPO-kantoor in Bloemfontein kan ook by 051 461 2314 geskakel word. Alternatiewelik kan die voorsitters van die onderskeie boereverenigings gekontak word. – Ursula Human, Veeplaas