Argentinië en Suid-Afrika werk redelik nou met mekaar saam op landbougebied. In Maandag se program van RSG Landbou praat Lise Roberts met Hendrik Jordaan, ’n Suid-Afrikaner wat in Argentinië woon en werk, oor hierdie samewerking asook ‘n geenbewerkingsboeredag wat in Standerton gehou gaan word. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daarna volg ook ‘n interessante gesprek met ‘n gesin op Vosburg in die Noord-Kaap, oor hoe nismarkte op die plaas ontwikkel kan word. Luister nou na hierdie onderhoud.

Dr Althea Grundling van die Landbounavorsingsraad praat op haar beurt oor die beskikbaarheid van water as landbouhulpbron. Luister nou na hierdie onderhoud.

Hennie Maas sluit soos oudergewoonte die program af met die jongste veilingsnuus. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur #Voermol.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.