Lise Roberts van RSG Landbou het onlangs die 2019 SA Kaasfees in Sandringham, Stellenbosch, besoek. Tydens die feesgeleentheid het sy verskeie interessante uitstallers en kennisse raakgeloop. Luister vir die volgende paar dae na al die lekker onderhoude.

Vredesberg is ‘n bokmelkplaas in die Kareedouw-omgewing. Elke persoon op die plaas is ‘n aandeelhouer in die onderneming. Lise Roberts gesels met Jan van der Merwe oor die produkte wat hulle maak, asook hulle werkerstrusts.

Landbouversekering in Suid-Afrika is ook onder bespreking en die hoof van landbou by Hollard Insure, Andries Wiese, vertel dat landbouers in ons land oor die algemeen onderverseker is.

Lise Roberts vind ook meer uit oor hoe hoenderbiltong gemaak word.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Standard Bank.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.