Maandag se RSG Landbou skop af met inligting oor die Februarie-uitgawe van Veeplaas. Lise Roberts van RSG Landbou gesels met Lynette Louw, Senior Redakteur oor wat lesers te wagte kan wees in die uitgawe van Veeplaas. Luister nou na die onderhoud.

Albert Loubser van Plaas Media brei meer uit oor die doel en werksaamhede van die PLAAS Landboujeugstigting. Luister nou na hierdie onderhoud.

Kan toekomstige droogtetoestande voorspel word? Die vraag word beantwoord deur Dr. Johan Malherbe van die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Grond, Klimaat en Water hierdie asook ander vrae oor klimaatsverandering. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daarna is ‘n Veearts van Pretoria, dr Dave Midgley, aan die woord en verduidelik wat intensiewe skaapboerdery is. Luister nou na die onderhoud.

Die program sluit af met die jongste veilingsnuus. Hennie Maas brings luisteraars soos oudergewoonte op hoogte hiervan. Luister nou na die onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.