Die nuutste uitgawe van FarmBiz is nou op die rakke beskikbaar! Lise Roberts gesels in Dinsdag se program van RSG Landbou met Lynette Louw, oor wat lesers te wagte kan wees in die Februarie-uitgawe. Luister nou na die onderhoud.

Biosekuriteit, identifikasie en naspeurbaarheid is sake wat hand aan hand loop in die lewendehawebedryf. Rachelle Cloete van GMP Basic verduidelik waarom dit so belangrik is. Luister nou na die onderhoud.

Hennie Maas en Stan Jerling sit hulle gesprek voort oor trekkers en hulle praat onder andere oor International Harvesters se trekkers van toenterjare. Luister nou na die onderhoud.

Daarna is dr André Jooste, hoof uitvoerende beampte van Aartappels SA, aan die woord. Hy bring ons op hoogte van dié bedryf. Luister nou na die onderhoud.

Die program sluit af met twee opwindende veilings wat eersdaags gaan plaasvind. Riaan Crous vertel meer oor “Bold is the new Gold”-wildveiling en daarna is Laurens Conradie aan die woord oor die Crux Dohne Merino-veiling wat hulle aanbied. Luister nou na die onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Pioneer 

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.