Ons staan aan die begin van ‘n nuwe jaar en landbouers is bekommerd oor die impak van bek-en-klouseer op die bedryf. Dit geld veral vir ons boere wat op gereelde veilings staatmaak. In Donderdag se RSG Landbou-program hoor ons wat dr Faffa Malan, die bestuurder van RuVASA en verteenwoordiger van die Nasionale Dieregesondheidsforum, hieroor te sê het. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die brande in Australië maak almal opnuut bewus van die geweldige skade wat vuur kan veroorsaak. Maar hoe lyk die stand van brande in Suid-Afrika? Nicolene Neveling van Nevaque Fire and Rescue bring ons op hoogte hiervan. Luister nou na hierdie onderhoud.

Johan van den Berg van Santam Landbou is daarna aan die woord en gesels weersake. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die bekende onkruidkenner en gereelde gas op RSG Landbou, dr Charlie Reinhardt, sal met ingang van 1 Februarie by die Noordwes-Universiteit werksaam wees as leier van die gewasproduksie- of agronomiefakulteit. Lise Roberts gesels met hom meer hieroor. Luister nou na hierdie onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.