Die nuutste uitgawe van Veeplaas is dalk nie op die rakke beskibaar, maar kan wel nou gelees word op www.agriorbit.com. Lise Roberts gesels in Woensdag se program van RSG Landbou met Lynette Louw, oor wat lesers te wagte kan wees in die April-uitgawe. Luister nou na dié onderhoud.

‘n Totaal van 975 plaaslike suiwelprodukte is vanjaar beoordeel om te bepaal wie die 2020 Suid-Afrikaanse Suiwelproduk van die Jaar-kroon dra. Die wenner is op 26 Maart tydens ‘n virtuele Qualité-toekenningsgeleentheid aangewys en in Woensdag se RSG Landbou gesels Johan Ehlers, hoof uitvoerende beampte van Agri-Expo, hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Watter impak het Covid-19 op die suiwelbedryf? Dr Chris van Dijk, hoof uitvoerende beampte van die Melkprodusente-organisasie, gee meer duidelik oor die virus en of diere vatbaar is daarvoor. Luister nou na dié onderhoud.

Hennie Maas gesels met Arthur de Villiers, oor die Arcadia Bonsmaras se uitgestelde veiling. Luister nou na dié onderhoud vir meer inligting.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.