Lactalis South Africa se 10-maande beleë (mature) gouda, wat uitsluitlik vir Woolworths vervaardig word, is op 26 Maart tydens vanjaar se Suid-Afrikaanse Suiweltoekennings by Cavalli Estate buite Stellenbosch vir ’n ongeëwenaarde derde keer as die Suid-Afrikaanse Suiwelproduk van die Jaar gekroon. Dié prestasie is ’n eerste vir die SA Suiwelkampioenskappe, wat vanjaar sy 188ste bestaansjaar vier. Maryke Pienaar van Lactalis SA gesels in Donderdag se aflewering van RSG Landbou hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Die minister van Landbou in die Wes-Kaap, dr Ivan Meyer, praat ook met Lise Roberts oor die provinsie se landbou-begroting. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Soos oudergewoonte is daar ook nuus oor vleispryse en weervooruitsigte op RSG Landbou. Chris Derksen is eerste aan die woord oor wat hierdie week met die vleispryse gebeur het. Johan van den Berg vertel vir RSG Landbou-luisteraars wat hulle van die weer kan verwag. Luister nou na dié onderhoude.

’n Jarelange geveg oor die wetlikheid al dan nie, van die Suid-Afrikaanse Boerboeltelersgenootskap en sy teelbeleid, is uiteindelik op die spits gedryf. Dit volg nadat die Hooggeregshof in Gauteng bepaal het dat die liggaam wel wetlik geregistreer is, en oor sy teelbeleid mag besluit. Die ras is in 2003 ingevolge die Veeverbeteringswet erken, en in 2009 tot landras verklaar. Die telersgenootskap is uiteindelik in 2012 deur die registrateur van veeverbetering geregistreer, maar die registrasie is ‘n maand later teruggetrek. Koos van der Westhuizen gee vir RSG Landbou-luisteraars meer perspektief oor dié hofuitspraak. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur SOILL.

The mission of SOILL is to be a profitable and sustainable leader in the development and production of high-quality healthy products in the edible oils industry. We earn the loyalty and respect of discerned customers through consistent product excellence and by providing customer service of the highest standards. We add value to the agricultural industry through technological innovation. We care for the environment and well-being of all by producing products that promotes healthy living in an ecologically friendly manner. We strive to uplift the community and to build a prosperous workforce. Delivering quality products that inspire people everywhere to eat and live well.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.