RSG Landbou

Dr Frikkie Maré, redakteur van Veeplaas, gesels in Dinsdag se program van RSG Landbou oor die Desember-uitgawe van Veeplaas wat nou op die rakke beskikbaar is. Luister nou na dié onderhoud.

Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.

Die voorgestelde minimumloon is laasweek bekendgemaak en volgens Christo van der Rheede van Agri SA, is dit uit pas met stygende werkloosheid. Hy gesels in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou meer hieroor en veral die impak wat dit op landbou kan hê. Luister nou na dié onderhoud.

Dis planttyd en Willie Human van Rovic Leers vertel vir RSG Landbou-luisteraars presies hoe ‘n tipies Suid-Afrikaans vervaardigde planter lyk en werk. Luister nou na dié onderhoud.

Dis daardie tyd van die jaar wanneer vee aan hittestres kan ly. RSG Landbou het by dr Dave Midgley gaan aanklop vir raad hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Heinrich Victor van OVK is op sy pos met die weeklikse wolmarkverslag. Luister nou na hierdié onderhoud op RSG Landbou.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: AGCO

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.