Lynette Louw vertel ons in Woensdag se RSG Landbou wat lesers te wagte kan wees in die Julie-uitgawe van Veeplaas wat nou op die rakke beskikbaar is. Luister nou na hierdie onderhoud.

Deur die chemiese interaksie tussen plante reg in te span, kan groter winste behaal word. So sê dr Charlie Reinhardt van die Noordwes Universiteit. Vind ook meer uit oor die allelopatie by sonneblomme. Luister nou na hierdie onderhoude.

Daarna is Karen de Bruyn van G7 Hernubare Energie aan die woord. Sy gesels oor die ontwikkeling van windplase en die voordele vir die grondeienaar. Luister nou na hierdie onderhoud.

Ons sluit die program af met nuus oor wat tydens die jongste wolveilings gebeur het. Luister nou na hierdie onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.