Lynette Louw vertel ons wat lesers te wagte kan wees in die Junie-uitgawe van FarmBiz wat nou op die rakke beskikbaar is. Luister nou na dié onderhoud.

‘n Vrug wat tans volop op winkelrakke beskikbaar is, is pere. In Maandag se RSG Landbou gesels Conrad Fick van Tru-Cape oor peerkultivars, asook die navorsing en bemarking van dié vrug. Luister nou na dié onderhoud.

Een van die kostebesparingsmeganismes van besighede tydens Covid-19, is personeelvermindering. Advokaat Christoff Dames van die LWO-werkgewersorganisasie vertel wat die wet hieroor stipuleer. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is Omri van Zyl van Agri SA aan die woord. Hy gesels oor die stand van sake in die sektor. Luister nou na dié onderhoud.

Dr Adri Drotskie van Henley Sakeskool sluit die program af. Sy gesels oor landbou-bestuursopleiding. Luister nou na dié onderhoud.

Hennie Maas bring ons op hoogte met die jongste veilings wat eersdaags plaasvind. Nick Serfontein praat oor die Senick Bonsmara 42ste produksieveiling. Daarna is Willie Oosthuizen aan die woord. Hy brei uit oor die Molopo Ile de France-veiling. Luister nou na dié onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: BKB

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.