In Donderdag se aflewering van RSG Landbou sluit ons af met die laaste bydrae oor varkproduksie en -voeding. Mart-Marie van Zyl van Trouw Nutrition verduidelik hoekom mikotoksiene belangrik is om in ag te neem wanneer daar gekyk word na algehele voerveiligheid en gehalte, asook hoe om mikotoksienvlakke in varkvoer te bestuur. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna kuier dr Louis du Pisani weer saam op RSG Landbou. Hy sit sy gesprek voort oor die bestuur van kleinveekuddes. Luister nou na dié onderhoud.

Dr Japie van der Westhuizen van SA Stamboek praat op RSG Landbou oor vanjaar se Standard Bank / SA Stamboek Elite-toekennings en hoe hulle vanjaar se kompetisie benader het. Luister nou na dié onderhoud.

Klik op die skakel om ook meer hieroor te lees:

Johan van den Berg is soos oudergewoonte op sy pos om RSG Landbou-luisteraars op hoogte te bring van weersake, daarna is Chris Derksen aan die woord met nuus oor die jongste vleispryse vanaf die Vrystaat. Luister nou na dié onderhoude.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.