RSG Landbou: 1 Sep 2020 – aan jou gebring deur Plaas Media

482

Izak Hofmeyr, redakteur van Stockfarm is eerste aan die woord in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou. Hy gesels oor wat lesers te wagte kan wees in die September-uitgawe van Stockfarm, wat nou op die rakke beskikbaar is. Hy brei onder meer uit oor hoe boerderypraktyke verander en omgeskakel kan word na aanleiding van die droogte. Luister nou na dié onderhoud.

Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.

Ons nader die groen seisoen en dit is wanneer natuurlike weiding vir vee smaaklik, voedsaam en hoogs verteerbaar is. Maar die seisoen is kort en byvoeding is nodig, veral vir produksiediere. Ewie Coetzee van Feedtek bied raad vir RSG Landbou-luisteraars oor die meng van fosfaatlekke. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna kuier Bertus van Heerden van die Melkprodusente-organisasie vir ’n slag by RSG Landbou. Hy gee onder andere ’n terugblik na hoe die suiwelbedryf die afgelope ses maande vertoon het. Hy vertel ook hoe COVID-19 en die inperking melkproduksie in dié tydperk positief beïnvloed het. Luister nou na hierdie onderhoud.

Rina Belcher, ’n melkbokboer en kaasmaker van Belnori Boutique Cheesery, in Bapsfontein, vertel watter impak die COVID-19-inperkingsregulasies op hul besigheid gehad het. Sy brei uit oor hoe hulle ’n plan B en C in plek moes kry om kop bo melk te hou. Luister nou na dié lekker onderhoud.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media