Die grootste ramp in 2020, was sekerlik die gebrek aan landboufinansiering. So sê dr Theo de Jager van Saai in Donderdag se aflewering van RSG Landbou. Hy gesels ook oor die afgelope jaar en ons hoor wat sy wens vir landbou in 2021 is. Luister nou na hierdié onderhoud.

Johan van den Berg is op sy pos met nuus oor die weer. Daarna is Chris Derksen aan die woord. Hy gee ook terugvoer oor vleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat plaasgevind het. Luister nou na dié onderhoude op RSG Landbou.

Dr Johan van Rooyen van die Steynsburg Dierehospitaal sluit die program af. Hy vertel ondere andere vir RSG Landbou-luisteraars meer oor die moets en moenies van stert-afsny by skape. Luister nou na hierdié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: RPO

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.