Daar is slegs een okkerneutprodusent in Suid-Afrika en die hoof uitvoerende beampte van Rotondo Walnuts, Percy Watkins, gee in Dinsdag se RSG Landbou die rede hiervoor. Hy praat ook oor hulle behoefte aan uitbreiding. Luister nou na hierdie onderhoud.

Dan is die inskrywings vir die jaarlikse Cleaver-toekennings nou oop. Hierdie toekennings vereer ons plaaslike slaghuise en vleismarkte. Dewald Olivier, hoof uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging, verduidelik hoe dié kompetisie werk. Luister nou na hierdie onderhoud.

‘n Brangus-boer van die Ladysmith-omgewing in KwaZulu-Natal, Martin Campher, gesels met Hennie Maas oor sy stoet. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Laeveld Agrochem.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.