Die pryse van knoffel, gemmer en suurlemoene het aansienlik gestyg. Die vraag is, kry die produsent ook meer vir sy produk? In Woensdag se aflewering van RSG Landbou gesels ons met Danny Pienaar van Schoonbee Landgoed in Limpopo, en met Corrie Bezuidenhout van die Suid-Afrikaanse Knoffelkwekersvereniging hieroor. Jaco Oosthuizen van die RSA Group gee ook ‘n markperspektief oor die huidige kwessie rakende die styging van die pryse van knoffel, gemmer en suurlemoen. Luister nou na dié onderhoude.

Klik op die skakel om na die onderhoude te kyk:

Die produksie van goeie gehalte hooi word aan ‘n paar eienskappe geken. Dit moet eerstens ‘n mooi, groen kleur hê. Geel of bruin hooi dui op swak gehalte weens te laat sny. Prof Chris Dannhauser ‘n weidingskonsultant vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor wat hooimaak behels. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou deur BKB gebring.

#Landbou #Radio

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.