Daar is goeie nuus vir ons plaaslike avokadobedryf. Lise Roberts gesels in Maandagoggend se RSG Landbou-program met Lindie Stroebel, die plaaslike bestuurder van Mission Produce, die mees gevorderde avokado-netwerk en grootste voorsiener van avokado’s in die wêreld. Luister nou na hierdie onderhoud.

Dan het ons medewerker in die Oos-Kaap, Carin Venter, by die Nasionale Wolkwekersvereniging gaan inloer en met die hoof uitvoerende beampte, Leon de Beer, gesels. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daarna is Johan Taljaardt van VDT Prokureurs aan die woord. Hy praat onder andere oor die regsposisie van grondeienaars wat die hantering van onwettige jag met honde op plase betref. Luister nou na hierdie onderhoud.

Dappie Smit vertel aan Hennie Maas wat Suid-Afrikaners se gunsteling droëvrugte is. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die program sluit af met die jongste veilingsnuus. Hennie Maas bring luisteraars soos oudergewoonte op hoogte hiervan. Daarna is Jannie van den Heever aan die woord om oor die Proveld Bonsmara-veiling te gesels. Luister nou na hierdie onderhoude.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.