Geneties gemodifiseerde organismes bly ‘n warm gesprekspunt onder veral gesondheidsbewustes. In Woensdag se aflewering van RSG Landbou gesels dr Hennie Groenewald van Biosafety SA oor hierdie kontroversiële onderwerp. Luister nou na hierdie onderhoud.

Jacques Beukes van Modderdrift in die Hexvallei praat meer oor hulle tafeldruif-onderneming. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daarna is dr Adri Drotskie oor Henley Sakeskool aan die woord. Sy brei uit oor landbou-opleiding. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die plaaslike graan- en oliesadebedryf gons ook oor die sogenaamde liggingsdifferensiaal en Luan van der Walt van Graan SA werp lig op dié saak. Luister nou na hierdie onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.