‘n Landboukundige by Pioneer Seed, De Bruyn Myburgh, gesels oor kuilvoer. Hy verduidelik wanneer en hoe sekere variteite gesny moet word en gesels ook oor Pioneer se kuilvoerproewe. Luister nou na hierdie onderhoud.

Bestaan die Row Crop-trekker nog? Dis waaroor Hennie Maas en Stan Jerling verder gesels in ons reeks oor die geskiedenis van die trekker in Suid-Afrika. Luister nou na hierdie onderhoud.

Wat sê die wet oor die uitsel van ‘n dissiplinêre verhoor? Adv Christoff Dames, die regsadviseur by die LWO Werkgewersorganisasie beantwoord hierdie en ander vrae oor dissiplinêre verhore waarvan die werkgewer en werknemer kennis moet dra. Luister nou na hierdie onderhoud.

Ons sluit die program af met opwindende veilings wat eersdaags plaasvind. Desré Ferreira brei uit oor die Ghaapseberg-boerbokveiling en daarna is Schalk van der Merwe aan die woord om meer te vertel oor die Leeuheuvel en Kruger Bonsmara-produksieveiling. Luister nou na hierdie onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: Pioneer

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.