RSG Landbou Stockfarm

Izak Hofmeyr, redakteur van Stockfarm, is eerste aan die woord in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou. Hy gesels oor wat lesers te wagte kan wees in die November-uitgawe van Stockfarm wat nou op die rakke beskikbaar is. Luister nou na dié onderhoud.

Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.

Die gebruik van voerbestuurstegnologie in ‘n melkstal kan ‘n enorme invloed op ‘n melkprodusent se winsgrense hê. Aan die een kant kan dit beteken dat jy minder voer gebruik om dieselfde volume melk te produseer, en aan die ander kant kan jy dieselfde hoeveelheid voer gebruik, maar aansienlik meer melk produseer. In beide gevalle het dit ’n beduidende effek op jou winsmarges. Frans Alexander van DeLaval Suid-Afrika verduidelik in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou wat hiermee bedoel word. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna is Heinrich Victor van OVK aan die woord. Hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor wat by die onlangse wolveiling op Port Elizabeth gebeur het. Luister nou na dié onderhoud.

Die plantseisoen vir die 2020/21-produksieseisoen is reeds aan die gang en die omstandighede lyk belowend. Die Nasionale Oesskattingskommitee het einde Oktober die voorneme om te plant vir die 2020/21-produksieseisoen bekendgemaak. Luan van der Walt van Graan SA gesels hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: Standard Bank

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.