In Donderdag se aflewering van RSG Landbou gesels ons met Casey van der Bergh en Kate Roodt van P3NC, ’n maatskappy wat spesialiseer in die voeding van klein varkies. Hulle brei uit oor die noodsaaklikheid van goeie voeding en sorg by klein varkies. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna verduidelik Boitumelo Lebeko van VDT Prokureurs vir luisteraars wat gebeur wanneer die Departement van Indiensneming en Arbeid ‘n plaasinspeksie doen. Sy vertel ook watter wetgewing hier van toepassing is. Luister nou na hierdie onderhoud.

Dr Tertia Grové van die Landbounavorsingsraad kuier ook by RSG Landbou. Sy gee meer inligting oor die besonderhede van ‘n vrugtevlieg-navorsingprojek wat op 1 September van stapel gestuur is. Luister nou na hierdie onderhoud.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

Johan van den Berg is soos oudergewoonte op sy pos om RSG Landbou-luisteraars op hoogte te bring van weersake, daarna is Chris Derksen aan die woord met nuus oor die jongste vleispryse vanaf die Vrystaat. Luister nou na dié onderhoude.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur AGCO.