Die onlangse onluste in KwaZulu-Natal het talle landboubedrywe swaar getref. Die varkbedryf het ook die spit afgebyt met onder meer ’n abattoir wat feitlik vernietig is. Johann Kotzé van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie gesels in Woensdag se aflewering van RSG Landbou hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Carin Venter, RSG Landbou se medewerker in die Oos-Kaap, gesels ook met Sreandi Koen van die Addo-omgewing oor haar Bonsmara-stoet. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daarna is Justin de Bruyn van Whitewater Brahmane naby Polokwane aan die woord. Hy vertel vir Izak Hofmeyr hoe hy met dié beesras begin boer het. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.