Woensdag se RSG Landbou fokus op swamsiektes by mielies. Abrie Venter van Laeveld Agrochem vertel ons meer hieroor. Luister nou na hierdie onderhoud.

TWK spog tans met ‘n bedryfswins van 30% nadat hulle finansiële resultate einde November bekendgemaak is. Die hoof uitvoerende beampte van die maatskappy, André Myburg, verduidelik waaraan hulle sukses toegeskryf kan word. Luister nou na hierdie onderhoud.

Dr Ian Heyns van LNR Kleingraan op Stellenbosch, gee onder andere terugvoer oor die afgelope seisoen se koringproduksie in veral die Swartlandstreek. Luister nou na hierdie onderhoud.

Johnathan Toxopeus van Algar sluit die program af. Hy gee raad oor veehanteringstoerusting. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Laeveld Agrochem.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.