Tagtig persent meer proteïen sal oor die volgende drie dekades geproduseer moet word om aan die stygende vraag te voldoen. In Donderdag se aflewering van RSG Landbou gesels Jaco Maass van SHIFT DX hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

In ‘n melkkudde vind spesifieke prosesse aaneenlopend plaas: koeie kalf jaarliks om ‘n nuwe laktasietydperk te begin, verse en bulkalwers word gebore en grootgemaak tot eerste kalwing of wanneer hulle verkoop word, en koeie word uitgeskot. So die vraag is nou hoeveel koeie en verse moet daar in ‘n melkkudde wees? Dr Carel Muller van die Universiteit van Stellenbosch, werp lig op die onderwerp. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag is dit vleispryse. Chris Derksen is eerste aan die woord en brei uit oor wat hierdie week met die vleispryse gebeur het. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna bring Johan van den Berg RSG Landbou-luisteraars op hoogte met nuus oor die huidige stand van weersake. Dink ons dis tyd om die waterstewels weg te pak? Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

#RSGLandbou word dié week aan jou deur BKB gebring.

#Landbou #Radio

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.