Suid-Afrika se arbeidsomgewing is hoogs gereguleer en werkgewers moet daarop let om arbeidsverhoudinge in lyn met arbeidswetgewing te bestuur. Dit verg spesialiskennis. ongelukkig is daar talle arbeidsregmites in die landboubedryf. Dit veroorsaak dat werkgewers in goeie trou glo dat hulle korrek optree. In Maandag se aflewering van RSG Landbou gesels Christo Bester van die LWO Werkgewersorganisasie hieroor. Luister nou na hierdié onderhoud.

Klik op die skakel om na die onderhoud te kyk:

Daarna is Johann Kotzé van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie aan die woord. Hy, verduidelik aan RSG Landbou-luisteraars wat bedoel word met die sogenaamde kompartementaliseringstelsel in die varkbedryf. Luister nou na hierdié onderhoud.

Klik op die skakel om na die onderhoud te kyk:

Chrissie Miles van die LNR Kleingraan op Bethlehem, kuier ook op RSG Landbou. Sy vertel meer oor die koringkwaliteitslaboratorium en die dienste wat hulle aan produsente bied. Luister nou na hierdié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: BKB

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.