RSG Landbou: 11 Mei 2021 – geborg deur BKB

0

Die Suid-Afrikaanse Sybokhaarbedryf is sonder twyfel ‘n suksesverhaal om te vertel. Pierre van der Vyver van House of Fibre, brei in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou hieroor uit. Luister nou na hierdié onderhoud.

Verskeie minerale is nodig vir die normale werking van feitlik alle metaboliese prosesse in herkouers. Die tekort aan, of oormaat van sekere minerale kan tot aansienlike ekonomiese verliese weens laer kuddeproduktiwiteit lei. Feedtek beskryf mineraalaanvulling vir herkouers as ‘n komplekse dog noodsaaklike onderwerp en Sjoerd ten Cate verduidelik aan RSG Landbou-luisteraars waarom. Luister nou na hierdié onderhoud.

‘n Kleiner aantal van 5 966 bale was op die 31ste veiling van die 2020/21-seisoen aangebied. Die prestasie van die onderskeie mikron groepe was wisselvallig, maar die mark het nieteenstaande 0,9% hoër gesluit op R164.14 p/kg. Die aanbod het hoofsaaklik uit fyn merinowol bestaan, waarvan 14% as volhoubaar geproduseerde wol gesertifiseer is. Alhoewel die langer merinowol goed presteer het, was die verkoopspersentasie slegs 91,64% weens die groter volume van gemengde en kort wol wat onverkoop verklaar is. Heinrich Victor van OVK is aan die woord en hy brei uit met nuus oor die wolpryse. Luister nou na hierdié onderhoud op RSG Landbou.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.