Angoraboerdery is nie volop in die Noordwes nie, maar ‘n 27-jarige produsent in die Wolmaransstad-omgewing, Petrus Marx van die plaas Uitval, is daarvan oortuig dat hy hierdie boerdery suksesvol kan bestuur. Volgens hom is die rede waarom daar nog nie dosyne Angorabok-produsente in dié omgewing is nie, ’n gebrek aan kennis van dié bedryf wat eintlik met die Karoo vereenselwig word. Hy gesels in Woensdag se aflewering van RSG Landbou hieroor. Luister nou na dié onderhoud of lees hier meer.

Toe die rooi Branguskoei, LR17165, vanjaar as opperste vroulike dier by die Nasionale Branguskampioenskappe aangewys is, was dit vir Mornay Verster, ‘n Brangusboer van Tweespruit in die Vrystaat, ‘n bevestiging van die visie waarmee hy meer as 20 jaar gelede met Brangusse begin teel het. Hennie Maas gesels op RSG Landbou met hom oor die suksesse wat die ras behaal het. Luister nou na dié onderhoud.

Die postitiewe sy van bosluise?! Die ou spreekwoord dat elke donker wolk ook ‘n silwer randjie het, is waar. Mits dit goed beheer word kan selfs bosluisbesmetting ‘n postiewe keersy hê, hoe onwaarskynlik dit ookal mag klink. Dr Gerrit Scheepers, ‘n veearts van Phalaborwa, vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor hoe ons moet leer om saam met bosluise te boer. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: Standard Bank

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.