RSG Landbou: 11 November 2019

445
The three winners in this year’s Old Mutual Agricultural Student of the Year Competition. From left to right are Riana Grobler, marketing manager at Old Mutual, Pieter Theron of Stellenbosch University, Michelle Marais and Wian Visser, both from the University of the Free State, and Albert Loubser of Plaas Media.

Plaas Media het in 2018 die Old Mutual Landboustudent van die Jaar-kompetisie bekendgestel. Die hoogtepunt van vanjaar se kompetisie was tydens ALFA toe ‘n veekunde-, landbou-ekonomie- en gewasproduksie-student van die jaar aangewys is. Pieter Theron, wat in die veekundekategorie geseëvier het, gesels op RSG Landbou hieroor.

Lindie Stroebel, hoofbestuurder van die PMA, oftewel Produce Marketing Association van Suidelike Afrika, gesels oor die sogenaamde Fresh Summit wat sy in Kalifornië in die VSA bygewoon het.

Barry Symons, ‘n beesboer van KwaZulu-Natal, gesels oor vyf winsdrywers waarop ‘n veeprodusent bedag moet wees.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Laeveld Agrochem.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.