Speentyd is ‘n uiters spanningsvolle tydperk in ‘n koei-/kalfproduksiestelsel en die uitdaging is om kalwers op só ‘n manier te speen dat hulle die minimum gewig weens spanning verloor. Judy Richardson van EasyWean Noserings op Vryburg vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor hoe ‘n veeprodusent ‘n dier se spanning kan verlig tydens speentyd. Luister nou na hierdié onderhoud.

Daarna fokus Maandag se uitsending van RSG Landbou hoofsaaklik op nuwe reëls vir afslaers en veilingshuise. Die biosekuriteitsreëls vir lewendehawe-agente is in November 2020 gepubliseer en Francois Knowles van APAC, oftewel die Raad vir Landbouprodukte-agente, werp lig op dié onderwerp. Luister nou na dié onderhoud.

Arthur de Villiers sluit die program af. Hy brei uit oor AG Bonsmara se 29ste produksieveiling wat op 14 April in Vrede plaasvind. Luister nou na dié onderhoud op RSG Landbou.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.