‘n Statutêre heffing op die verkoop van sojabone, is in 2019 goedgekeur. Die heffing is geoormerk vir die ontwikkeling van nuwe sojaboonkultivars en om te verseker dat produsente toegang tot nuwe biotegnologie verkry. Gert Heyns, die uitvoerende hoof van SACTA, praat in Woensdag se RSG Landbou oor die afgelope sojaboonseisoen en wat die heffing vir die volgende seisoen inhou. Luister nou na hierdie onderhoud.

Dan is Albert Bossert van die Voetslaan-organisasie van Suidelike Afrika aan die woord. Hy brei uit oor die toenemende gewildheid van voetslaanpaaie op plase. Luister nou na hierdie onderhoud.

Gerrit van der Merwe van AGL Boerderye op Citrusdal vertel meer oor sitrusproduksie. Luister nou na hierdie onderhoud.

Hoe vertoon die nuutste wolpryse wat hierdie week behaal is? Luister hier na die jongste markverslag.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.