RSG Landbou

RSG Landbou kuier Dinsdag by Hylton Arendse van naby Stellenbosch. Hy boer sedert Maart verlede jaar op huurgrond met kruie en groente en het in ‘n kort tydjie groot sukses bereik. Luister nou na hierdié onderhoud.

Wouman Brangus: Genetika en omgewing kom bymekaar. Van 2014 tot 2018, is André van der Merwe van Reitz as SA Brangus se teler van die jaar aangewys. Verlede jaar is hy ook as die Breedplan/Landbouweekblad/Molatek Stoetteler van die Jaar gekroon. Hennie Maas gesels met hom hieroor. Luister nou na hierdié onderhoud.

Izak Hofmeyr, redakteur van Stockfarm, kuier ook saam op RSG Landbou. Hy gesels oor wat lesers te wagte kan wees in die Januarie-uitgawe van Stockfarm wat nou op die rakke beskikbaar is. Luister nou na dié onderhoud.

Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.

Dr WA Lombard van die Universiteit van die Vrystaat se Departement Landbou-ekonomie, het in Desember ‘n internasionale toekenning vir sy navorsing oor veediefstal en landelike misdaad ontvang. Hy gesels met RSG Landbou-luisteraars hieroor. Luister nou na hierdié onderhoud.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: BKB

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.