‘n Erfenisterrein vir Suid-Afrikaanse appels en pere open in Februarie by Elgin in die Wes-Kaap – nóg ‘n Tru-Cape inisiatief. In Woensdag se aflewering van RSG Landbou gesels ons met Buks Nel hieroor. Buks is veral bekend vir sy kennis van appels en die geskiedenis van die verskillende variëteite.

Rina Jelliman van Harrismith in die Vrystaat is ‘n Bovelder-beesboer en sy vertel onder andere vir RSG Landbou-luisteraars watter rol probiotika by die gesondheid van haar diere speel. 

Luister nou na dié onderhoude.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.