RSG Landbou: 12 Julie 2021 – geborg deur BKB

0

Voedselsekerheid bly ‘n uitdaging in Suid-Afrika. Nico Groenewald van Standard Bank gesels in Maandag se aflewering van RSG Landbou oor ‘n projek wat dié probleem aanspreek. ‘n Duisend ton voedsel is die afgelope jaar versprei en hy verduidelik ook meer oor hoe hulle dit reggekry het. Luister nou na dié onderhoud.

Brandsiekte onder kleivee kan groot skade aanrig as dit nie vroegtydig behandel word nie. Dr Andries Lategan van die Bultstraat Dierekliniek op Upington, werk dikwels met skape wat hierdie probleem ontwikkel. Koos du Pisanie RSG Landbou se mede-werker in die Noord-Kaap het by hom gaan aanklop om meer te gaan uitvind oor hoe om brandsiekte onder kleinvee te bestuur. Luister nou na dié onderhoud.

Soos oudergewoonte op ‘n Maandag is daar veilingsnuus en ons hoor oor veral veeveilings wat in hierdie tyd plaasvind. Eerste aan die woord is Louwrens Viljoen. Hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor die 8ste produksieveiling van Louwcoe Charolais, daarna sluit  Martiens de Jager van Gulland Simmentalers die program af. Hy gesels hulle produksieveiling wat 21 Julie plaasvind. Luister nou na dié onderhoude.


Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.