Een van die hoogtepunte op die jaarlikse Bonsmara SA-kalender is die Rooi Ras-geleentheid. Louis Steyl vertel in Donderdag se RSG Landbou waar en wanneer dit vanjaar plaasvind, en wat op die program is. Luister nou na hierdie onderhoud.

Tydens president Cyril Ramaphosa se onlangse staatsrede het hy onder andere onderneem om binne twee weke ná die rede, ‘n tarief teen hoender-invoere te publiseer. Dit het egter nog nie gebeur nie. Lise Roberts gesels met die stigter van die Fairplay-beweging, Francois Baird, oor die erns van dié saak. Luister nou na hierdie onderhoud.

Frans de Klerk kyk na die beweging van die rand en die witmielieprys en daar is ook ‘n kykie na die weer. Luister nou na hierdie onderhoude.

Donderdag is vleispryse-dag! Chris Derksen is soos oudergewoonte weer terug op sy pos met die week se jongste vleispryse vanaf die Vrystaat. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die program sluit af met sterrekunde. Hennie Maas gesels met ‘n boer van die Heilbron/Frankfort-omgewing oor sy stokperdjie, naamlik sterrekunde. Luister nou na hierdie onderhoud.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: Pioneer

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.