Die verkoop van ‘n dier op ‘n veiling is makliker gesê as gedaan. Die Suid-Afrikaanse Federasie vir Lewendehawe-afslaers sien toe dat die afslaer, koper en verkoper aan sekere wetgewing voldoen. Johan Vosser verduidelik in Donderdag se aflewering van RSG Landbou, oor wat presies die wetgewing rondom veilings behels. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna kuier Christo Pienaar van die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging, ook op RSG Landbou. Hy brei uit oor aanlyn-wynverkope. Luister nou na dié onderhoud.

Weersake is tans ‘n gewilde besprekingspunt want somergraan-aanplantings is nou in volle swang. Johan van den Berg vertel vir RSG Landbou-luisteraars wat produsente te wagte kan wees. Luister nou na dié onderhoud.

Carin Venter, RSG Landbou se medewerker in die Oos-Kaap het onlangs die Melkprodusente-Organisasie se nasionale konferensie en toekennigsgeleentheid in Humansdorp bygewoon. Daar het sy met Illa Hugo gesels oor wat die dag behels het. Luister nou na dié onderhoud.

Chris Derksen sluit die program af met nuus oor die jongste vleispryse vanaf die Vrystaat. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: Standard Bank

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.