As ’n mens se teeldoelwit is om baie en goeie beesvleis met funksioneel doeltreffende diere in die Bosveld van Limpopo te produseer, is Hugenootbeeste met hul ekonomies belangrike eienskappe maklik die beste keuse. So gesels Henk van Rensburg met Hennie Maas in Maandag se aflewering van RSG Landbou. Hy brei ook uit oor hul Koperkop Hugenoot-stoetery net suid van die Soutpansberg op die plaas, New Hanover. Luister nou na hierdié onderhoud.

SAMIC se nasionale karkaskampioenskap-toekennings vind eersdaags plaas en Rudi van der Westhuizen gee vir RSG Landbou-luisteraars terugvoer oor die standaard van vanjaar se wenners. Luister nou na hierdié onderhoud.

Daarna is dr Michael Bradfield aan die woord. Hy gesels op RSG Landbou oor eerskomende week se Veeskool. Luister nou na hierdié onderhoud.

Kuilvoer wat te droog is kan baie problematies wees. Die mees algemene probleem met droë kuilvoer is dat dit moeilik is om te kompakteer. Die plantmateriaal raak “sponserig” en wil nie platdruk nie. Richardt Venter van Agsci Unlimited gee raad op RSG Landbou oor kuilvoer wat te droog is. Luister nou na hierdié onderhoud.

Maandae is veilingsdae op RSG Landbou en Hennie Maas is weer op sy pos met die jongste veilingsnuus. Gert Nel bring ons op hoogte met die Mid-Vrystaat Bonsmaras se agtiende produksieveiling wat eersdaags plaasvind. Luister nou na hierdié onderhoude.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.