Die voer van kruipvoer aan klein varkies is ‘n gespesialiseerde en ingewikkelde saak. Daar is baie tegnologie besikbaar en vir ‘n produsent om sy weg deur hierdie hoop inligting te vind, is nie maklik nie. Francois Coetzee, tegniese adviseur: varke by De Heus, gee in Dinsdag se aflewering van RSG Landbou, raad in dié verband. Luister nou na hierdié onderhoud.

Na meeste geleenthede in 2020 weens Covid-19 in die stof moes byt, vind die jaarlikse Toyota/Agri SA Jongboer van die Jaar en New Harvest-kompetisies wel vanjaar plaas. Die sameroeper, prof Carlu van der Westhuizen, gesels oor die kriteria van dié kompetisie. Luister nou na hierdié onderhoud op RSG Landbou.

Heinrich Victor van OVK is ook aan die woord en hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor klasstandaarde vir merino-wol. Luister nou na hierdié onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.