Koring- en hawerprodusente ondervind tans probleme met nuwe plantjies wat binne die eerste paar weke na opkoms verdwyn. Dr Goddy Prinsloo van die LNR Kleingraaninstituut op Bethlehem, verduidelik in Donderdag se RSG Landbou wat die rede hiervoor is. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daarna is Adri Kitshoff-Botha van Wildbedryf Suid-Afrika aan die woord. Sy gesels oor die impak wat die jongste jagregulasies op wildboere het. Luister nou na hierdie onderhoud.

Dr Francois van de Vyver van Nutri Feeds fokus op die waarde van prikkelvoeding in ‘n veekudde. Luister nou na hierdie onderhoud.

Frans de Klerk, ‘n onafhanklike tegniese analis, brei meer uit oor die witmielieprys. Luister nou na hierdie onderhoud.

Johan van den Berg bring soos oudergewoonte die nuus oor die weer. Chris Derksen sluit die program af met die jongste vleispryse. Luister nou na hierdie insetsels.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Nutri Feeds.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.