Bek-en-klouseer, die droogte en beleidsonsekerheid – dit is maar ‘n paar van die vele uitdagings waarmee die rooivleisbedryf tans te kampe het. Koos van der Ryst, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie, gesels in Donderdag se RSG Landbou meer hieroor. Luister nou na hierdie onderhoud.

Daarna is RSG Landbou se gereelde gas, Bonné de Bod, aan die woord. Sy bring ons op hoogte van sake rondom renosterstropery. Luister nou na hierdie onderhoud.

Ons medewerker in die Noord-Kaap, Koos du Pisanie, het ‘n lusern-inligtingsdag op Prieska bygewoon. Hy hoor by Wickus Jordaan van die saadmaatskappy, Barenbrug, wat die suksesvolle aanplant van lusern behels. Luister nou na hierdie onderhoud.

Johan van den Berg van Santam Landbou praat oudergewoonte weersake. Luister nou na hierdie onderhoud.

Chris Derksen is oudergewoonte weer terug op sy pos met die week se jongste vleispryse. Luister nou na hierdie onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.