Die 2021-wolseisoen open hierdie week en in Woensdag se RSG Landbou, gesels Isak Staats van BKB oor hulle verwagtinge en waarop wolprodusente nou moet fokus. Luister nou na hierdié onderhoud.

Dr Frikkie Maré, redakteur van Veeplaas, gesels ook in Woensdag se program van RSG Landbou oor die Januarie-uitgawe van Veeplaas wat nou op die rakke beskikbaar is. Luister nou na hierdié onderhoud.

Kry dié uitgawe by jou naaste handelstak of teken aanlyn in by www.magzter.com. Jy kan ook die interaktiewe blaaiboek by digimags.agriorbit.com aanskaf. Om in te teken, kontak Beauty Mthombeni by 064 890 6941 of SMS jou naam en ‘Inteken’ na 064 890 6941.

Inskrywings vir die 2021 Suiwelkampioenskappe het op 11 Januarie geopen en Isabeau Botha van Agri-Expo vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer hieroor. Luister nou na hierdié onderhoud.

Klik op die skakel om meer hieroor te lees:

Om ná die reënseisoen, wanneer daar genoeg weiding op die veld staan, die veevoer op te gaar vir die droë maande wat voorlê, is niks nuuts nie. So ver terug as die Ou Testament in die Bybel word daar al verwys na die hooi wat vir diere gevoer word.
Die idee van preservering deur fermentasie en die gebruik van mikroörganismes, is eintlik so oud soos die mensdom self. Emje Ferreira van Saxeni Agric, gesels met RSG Landbou-luisteraars oor kuilvoer, en spesifiek kuilvoertoerusting. Luister nou na hierdié onderhoud.

Plaasveiligheid is ook onder die loep in RSG Landbou vandag. Volgehoue paraatheid, betrokkenheid in die gemeenskap, benutting van moderne tegnologie, ’n wapen aan die sy of ’n opgeleide hond om jou te beskerm – dit is van die hulpmiddels wat produsente inspan om ’n omgewing te skep waarin hulle kan boer. Neil van Zyl, voorsitter van die Tambotie-Overyssel-ondersteuningsgroep in die Vaalwater/Ellisras-omgewing brei hieroor uit. Luister nou na hierdié onderhoud.

Is daar hoop vir veeboere na ‘n jarelange droogte? Dr Louis du Pisani gee raad oor ‘n omdraai- en herstelstrategie wat hiervoor aangewend kan word. Luister nou na hierdié onderhoud op RSG Landbou.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: BKB

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.