Het die donker wolk van klimaatsverandering darem ’n silwer randjie? Dr Louis du Pisani, produksie-adviseur by die Nasionale Wolkwekersvereniging, gesels in Maandagoggend se program van RSG Landbou hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Manie en Karin Wessels is bekend vir hulle kundigheid oor intensiewe skaapboerdery, en Manie vertel van hulle besoeke aan Rusland en wat hulle daar gesien en geleer het. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna verduidelik ‘n bekende Bonsmara-boer, Gerrit van Zyl, hoe om ‘n voerbank noukeurig te bestuur. Luister nou na dié onderhoud.

Die program sluit af met die jongste veilingsnuus. Hennie Maas praat met Tjaart Steenekamp oor hulle veiling wat binnekort plaasvind. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.