Vanweë die belangrikheid van klimaatslim boerderypraktyke, en in die gees om uit te reik na produsente wat reeds ‘n verskil maak, het Plaas Media asook Veeplaas in samewerking met dr Louis du Pisani, besluit om die soektog na ‘n ware klimaatslim ambassadeur te begin. As jy dink jy kwalifiseer, moenie dié onderhoud op RSG Landbou misloop nie.

Hoe lyk die vooruitsigte vir die wolbedryf in 2022 wat markte en produksie betref? Leon du Plessis van BKB beantwoord in Donderdag se aflewering van RSG Landbou hierdie vraag.

Dis Donderdag en soos oudergewoonte gesels RSG Landbou weersake met Johan van den Berg. Chris Derksen is ook terug met nuus oor vleispryse.

Luister nou na dié onderhoude.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 5:00 tot 5:30, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied.