Breyton Milford van die Nasionale Jeugskou is eerste aan die woord in Donderdag se aflewering van RSG Landbou. Hy brei uit oor die toekoms van jeugskoue in Suid-Afrika. Luister nou na hierdie onderhoud.

In RSG Landbou beantwoord ons ook ‘n luisteraarsvraag. André Olivier soek raad oor die Spaanse riet wat plaasdamme oorneem. Ons het by prof Charlie Reinhardt van die Noordwes Universiteit gaan kers opsteek vir dié antwoord. Luister nou na hierdie onderhoud.

Die jongboere van Agri Wes-Kaap hou eersdaags ‘n virtuele kongres en PF Theron vertel vir RSG Landbou-luisteraars waarna belangstellendes kan uitsien. Luister nou na dié onderhoud.

Soos oudergewoonte is daar ook nuus oor vleispryse en weervooruitsigte op RSG Landbou. Chris Derksen is eerste aan die woord oor wat hierdie week met die vleispryse gebeur het. Johan van den Berg vertel vir RSG Landbou-luisteraars wat hulle van die weer kan verwag. Luister nou na hierdié onderhoude.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.