Johan van der Schyff is op 7 November aangewys as Toyota en Agri SA se jongboer van die jaar. RSG Landbou het dié luisterryke geleentheid bygewoon. In Woensdag se aflewering van die program vertel hierdie 36-jarige eierprodusent van Plettenbergbaai meer oor dié toekenning. Luister nou na hierdie gesprek.

By dieselfde geleentheid is Sewis van den Horst, ‘n vrugteprodusent van die Villiersdorp-omgewing, as die Toyota New Harvest boer van die jaar aangewys. Ons hoor ook van hom. Luister nou na hierdie gesprek.

In Augustus vanjaar het finale-jaar studente van die Universiteit van Pretoria se veeartsenykunde-fakulteit, aan ‘n dragtigheidsdiagnose-uitdaging deelgeneem. Clemens Lichtenberg het met die louere weggestap en hy gesels met Lise Roberts oor sy studies en wat hy tydens die uitdaging geleer het. Luister nou na hierdie gesprek.

Deidré Louw sluit die week se program af met die nuutste wolmarkverslag. Luister nou na hierdie gesprek.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Laeveld Agrochem.

Luister hier na nog RSG Landbou-onderhoude.