RSG Landbou kuier in Dinsdag se aflewering op ‘n amandelplaas tussen Barrydale en Montagu. Hans le Roux, die eienaar van Amanteco Almonds, praat oor die produksie van dié neut en die mark wat hulle bedien. Luister nou na hierdié onderhoud.

Sydney Hunt van die Brahman-beestelersgenootskap vertel vir RSG Landbou-luisteraars meer oor hoe die gewildheid van dié beesras toegeneem het. Luister nou na hierdié onderhoud.

Die SAGL (Suider-Afrikaanse Graanlaboratorium) se kwaliteitsverslae vir mielies en koring is onlangs gepubliseer.  Een van die belangrikste ontledings wat jaarliks gedoen word sluit mikotoksienontledings in. Voedselveiligheidswetgewing en regulasies (Wet 54 van 1972) bepaal die maksimum toelaatbare vlakke vir mikotoksiene. Agbiz Grain is die enigste markdeelnemer in die waardeketting wat jaarliks op eie koste ongeveer 350 monsters landwyd voorsien vir die ontleding van die Suid-Afrikaanse mielie-oes. Monsters word voor inname geneem wanneer produsente mielies by silo’s laat gradeer. Die monsters word daarna weggestuur vir ontleding deur die SAGL. Daar is gedurende die voorafgaande produksieseisoen ‘n toename in die mikotoksienvlakke van mielies wat deur produsente by silo’s gelewer is, opgemerk. Die verwagting is dat vanjaar se oes ook hoër mikotoksienvlakke as normaalweg kan hê. Wessel Lemmer van Agbiz Grain gesels op RSG Landbou hieroor. Luister nou na hierdié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur Plaas Media.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 04:30 tot 04:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en tussen 40 000 en 80 000 luisteraars daagliks bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word aangebied deur Lise Roberts en geredigeer deur Hennie Maas.