Die gebruik van antibiotika in diere is ‘n omstrede onderwerp, maar hoe gemaak as siektes in vee behandel moet word? Dr Louis Boag van Elanco gesels hieroor in Woensdag se aflewering van RSG Landbou. Luister nou na hierdié onderhoud.

Daarna is Coenraad en Candice de Jongh aan die woord. Hulle het die tweede plek in die 2020 MPO Rentmeesterskaptoekennings behaal. Hulle gesels op RSG Landbou oor hierdie prestasie. Luister nou na hierdié onderhoud.

Paul Maré van Viljoenskroon sluit die program af. Hy brei uit oor die 21ste produksieveiling van Q3 Qualitrio wat binnekort plaasvind. Luister nou na hierdié onderhoud op RSG Landbou.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur Elanco / Bayer

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.