Volgens Nico Groenewald van Standard Bank, het goeie pryse en opbrengste bygedra tot landbou se suksesse in 2020. In Maandag se aflewering van RSG Landbou gesels hy hieroor. Luister nou na dié onderhoud.

Dan spog die Wes-Kaapse Departement van Landbou met hulle eerste groep hommeltuigvlieëniers. Dr Dirk Troskie praat met luisteraars oor hulle belegging in dié tipe tegnologie en Liezl MacKenzie deel ook haar ervaring. Luister nou na dié onderhoude.

Aurora in die Ceres-omgewing, het groot welslae behaal by vanjaar se Ceres Fruit Growers-toekenningsgeleentheid en Mario du Plessis gesels op RSG Landbou meer oor hulle prestasie. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: Standard Bank

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, uitgesaai word op RSG en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.