RSG Landbou

Wild en jag is meer as ‘n tradisie. Die Suid-Afrikaanse wild- en jagbedryf se potensiaal om ’n beduidende bydrae tot die land se ekonomie te maak, word nog nie ten volle ontgin nie. Dit is nie net ’n Suid-Afrikaanse tradisie en erfenis nie, maar een van die hoekstene van toerisme. Dit word egter nou deur verskeie uitdagings gekniehalter.

Dit is die mening van Rouan Nel, ‘n Leeus-rugbyspeler en ’n relatiewe nuwe wildboer wat hom tussen die berge naby Melkrivier gevestig het. Hy gesels meer hieroor in Donderdag se aflewering van RSG-Landbou. Luister nou na hierdié onderhoud.

Daarna is Gert Jordaan van BKB aan die woord. Hy praat op RSG Landbou oor digitale veilings en die belangrikheid van naspeurbaarheid in die wolbedryf. Luister nou na hierdié onderhoud.

Dan hoor ons oudergewoonte op ‘n Donderdag wat Johan van den Berg oor die weer sê. Chris Derksen gee ook terugvoer oor vleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is. Luister nou na hierdié onderhoude.

Luister hier na nog onderhoude.

RSG Landbou word dié week aan jou gebring deur: BKB

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.