Vroeë roes en poeieragtige meeldou is gevaarlike swamsiektes op aartappels, tamaties en soetrissies. Maar kan dit voorkom word? Francois van Deventer van Syngenta beantwoord in Woensdag se aflewering van RSG Landbou hierdie vraag. Luister nou na dié onderhoud.

Daarna gesels RSG Landbou met ‘n bekende in die aartappelbedryf. Ernst Yzel is die voormalige voorsitter van die Aartappel Bedryfsontwikkelingstrust. Hy gesels oor sy werksaamhede by die trust en ons hoor ook oor sy aartappelboerdery en ander vertakkings op die plaas. Luister nou na dié onderhoud.

Die karobboom is ’n meerjarige, peuldraende boom wat van die Mediterreense lande in Europa en Suidwes-Asië afkomstig is. Dit word in sommige van hierdie lande vir meer as 4 000 jaar al verbou. Dit aard goed in die meeste omgewings- en klimaatstoestande. Dr Carel Muller van Stellenbosch Universiteit gesels oor die voordele van karobbome en hoe beide vee en die omgewing daarby kan baat. Luister nou na dié onderhoud.

Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur BKB.

#Verhoog verdienste. By BKB is vele hande wat bydra tot die die werk wat gedoen word en die reputasie wat verdien word. Dié hande werk saam – elke dag met jou welvaart voorop gestel.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.