RSG Landbou: 14 Junie 2021 – geborg deur MSD

0

Wernich Lemmer is onlangs aangewys as Agri Noordwes se Jongboer vir 2021 en hy vertel vir RSG Landbou-luisteraars waar sy passie vir landbou vandaan kom. Luister nou na hierdie onderhoud.

Suid-Afrika gaan vir ‘n wyle nie meer mielies na Zimbabwe uitvoer nie. Watter invloed gaan dit op ons plaaslike mark én die mielieprys hê? Theo Venter gesels op RSG Landbou hieroor.

Hennie Maas is ook op sy pos met die jongste veilingsnuus. Hy bring RSG Landbou-luisteraars op hoogte van wat tans in die veilingswêreld gebeur. Luister nou na hierdie onderhoud.

Soos altyd op ‘n Maandag is daar opwindende veilingsnuus. Jan Meaker is eerste aan die woord. Hy brei uit oor die 7de Nasionale veiling van SA Braford wat 15 Junie by die Bull Ring te Davel plaasvind. Gavin Bristow gesels op sy beurt oor die Bristow Bonsmara-produksieveiling wat op Bandelierkop in Limpopo plaasvind. Luister nou na hierdie onderhoude op RSG Landbou.


Luister hier na vorige uitsendings.

#RSGLandbou word dié week aan jou gebring deur MSD.

MSD Animal Health is one of the world’s leading animal health companies. The company is dedicated to the research and development, production and marketing of innovative, high quality animal health products and feed additives.

The company’s product range includes vaccines, anti-parasitics, anti-infectives, endocrine products for regulation and improvement of breeding performance, feed additives and productivity enhancers for ruminants, companion animals, pigs and poultry.

MSD Animal Health has always been a research driven company and is proud to have the only South African company-owned research unit in South Africa. This fully accredited Research Unit, based in Malelane, is responsible for both local and international research and development.

RSG Landbou is ’n Afrikaanse algemene landbouprogram wat daagliks van 4:30 tot 4:59, Maandae tot Donderdae, op RSG uitgesaai word en daagliks tussen 40 000 en 80 000 luisteraars bereik. Die program bevat tegniese inhoud oor alle landbouvertakkings en landboumarkte, en word deur Lise Roberts aangebied en deur Hennie Maas geredigeer.